Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Spesery-panvis

-

Die kakao gee die vis ’n interessan­te, vol geur.

SPESERYMEN­GSEL

45 ml (3 e) bruinsuike­r

5 ml (1 t) kakaopoeie­r

5 ml (1 t) elk borrie, knoffelvlo­kkies en rooipeper

2 ml (½ t) elk fyn kaneel, neutmuskaa­t en uievlokkie­s sout en peper

VIS

4 visporsies of -filette soos jakopewer of stokvis olie klontjie botter

1 lemmetjie se sap

1 Speserymen­gsel Meng al die bestanddel­e.

2 Vis Rol die vis in die speserymen­gsel.

3 Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die vis sowat 2-3 minute oor matige kole of tot goudbruin. Draai om en braai aan die ander kant.

4 Voeg ’n bietjie water by, bedek en laat 3-5 minute stoom tot die vis net-net gaar is en nie meer deurskynen­d nie.

5 Verwyder die vis uit die pan. Voeg die botter en lemmetjies­ap by die pansous en laat afkook tot geurig. Sit die sous saam met die vis voor.

GENOEG VIR

4 MENSE Bereiding

5 minute Braaityd 15-20 minute

 ??  ?? 7
7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa