Huisgenoot Beste Resepte: Braai

INDIREKTE METODE

-

Die kole is aan die een kant van die braai gepak of aan weerskante met ’n opening in die middel. ’n Druippan kan dan in die opening geplaas word. Die kos is nie reg bo die kole nie, maar oor die druippan. Soms word die vleis eers vooraf oor direkte hitte geseël en dan verder oor indirekte hitte gaargemaak. Kies vir groter stukke vleis wat meer gaarmaakty­d nodig het soos heel hoenders, ribbetjies, boude, blaaie, heel ongesnyde steak, ensovoorts.

WENK Giet ’n bietjie water in die druippan as die kos lank gaan braai. Dit neem van die vloeistof op wat van die vleis afdrup en keer dat die kole rook. Skep die meeste van die vet agterna uit en gebruik die vleissap as basis vir ’n heerlike sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa