Huisgenoot Beste Resepte: Braai

RIBOOG: SAG EN SAPPIG

-

Dis die gewildste snit in Amerika en is vinnig besig om ’n gunsteling onder SuidAfrika­anse steak-eters te word. Riboog word uit prima rib gesny en is ’n dik, ronderige steak. Dis taamlik gemarmer, wat dit sag en sappig maak. Jy kan dit met of sonder die been koop, as steaks of as heel snitte. Soos alle T-been-kenners weet, het vleis aan die been meer geur. Baie mense is trouens besig om T-been vir riboog te verruil as gevolg van die heerlike smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa