Huisgenoot Beste Resepte: Braai

KOFTA-HAMBURGERS

-

HAMBURGERS

5 ml (1 t) fyn paprika 5ml(1t)fynkomyn 3 ml (ruim ½ t) fyn

koljander ½ middelslag-ui,

gerasper

1 dik sny witbrood, in 80 ml (¹⁄₃ k) melk geweek

1 eier

500 g lams- of

beesmaalvl­eis 2 knoffelhui­sies,

fyn gedruk

80 ml (¹⁄₃ k) fyn gekapte koljanderb­lare sout en peper AFRONDING

2 groot eiervrugte, in dik skywe gesny (pleks van brood) olie vir braai ½ gerasperde komkommer, ingemeng by 250 ml (1 k) jogurt

1 klein rooi-ui per hamburger, in repies gesny en in jalapeño-pekelwater geweek 30 ml (2 e) vinnige vyeblatjan­g (resep onder) vars koljanderb­lare

1 Hamburgers Meng die paprika, komyn, koljander, ui en brood met die eier en melk. Meng dan liggies met die maalvleis, knoffel, saad en koljander. Geur met die sout en peper.

2 Vorm groot koekies en braai 4 minute per kant oor warm kole tot net gaar.

3 Afronding Verf die eiervrugsk­ywe met die olie en braai 1 minuut per kant tot gaar.

4 Plaas ’n skyf eiervrug op ’n bord, gevolg deur ’n vleiskoeki­e. Skep komkommerj­ogurt bo-op en stapel die uie op. Voeg ’n skeppie vyeblatjan­g bo-op by en plaas nog ’n skyfie eiervrug bo-op. Garneer met koljander. Herhaal met die res van die bestanddel­e.

LEWER 4-6 HAMBURGERS Bereiding

30 minute Braaityd

4 minute per kant (burgers), 1 minuut per kant (eiervrugsk­ywe)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa