Huisgenoot Beste Resepte: Braai

7 HARISSA

-

’n Skerp pasta uit Noord-Afrika wat veral oor lamsvleis lekker is.

LEWER SOWAT 260 ML

125 g gedroogde brandrissi­es, gekap

20 ml (4 t) droë kruisement 20 ml (4 t) fyn komyn

20 ml (4 t) fyn koljander

5 ml (1 t) karwysaad

10 ml (2 t) knoffelhui­sies, fyn gekap 5 ml (1 t) sout

15 ml (1 e) suurlemoen­sap

3 ml (ruim ½ t) bruinsuike­r sowat 60 ml (¼ k) olyfolie

Giet kookwater oor die brandrissi­es en laat 1 uur staan. Dreineer en plaas saam met die res van die bestanddel­e in ’n voedselver­werker. Maak fyn. Voeg olyfolie by en verpulp tot ’n loperige

pasta. Verkoel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa