Huisgenoot Beste Resepte: Braai

2 MANIERE MET KRUISSKYF

-

NAMIBIESE STEAKS

Die befaamde spysenier Antoinette de Chavonnes Vrugt, skrywer van die bekroonde kosboek My Hungry Heart, het ons met dié steaks verwelkom toe Huisgenoot in Namibië gaan kuier het.

MARINADE

30 ml (2 e) mosterdpoe­ier

30 ml (2 e) braaivleis­speserye 60 ml (¼ k) suurlemoen­sap 60 ml (¼ k) olie

VLEIS

6 kruisstuks­teaks (rump), 1,5 cm

dik gesny botter

SOUS

botter

1 ui, gekap

125 g spekvleis, gekap

100 g sampioene, gekap 50 g botter

250 ml (1 k) room of melk 30 ml (2 e) koekmeel

60 ml (¼ k) mayonnaise of

ongegeurde jogurt

60 ml (¼ k) blatjang

1 Marinade Meng al die bestanddel­e vir die marinade. Plaas die vleis daarin en laat 3-4 uur marineer.

2 Vleis Smelt die botter in ’n baie warm pan. Seël die steaks vinnig op baie warm kole en braai dan vinnig tot gaar. (Tye op bl. 10 – die gaarmaakty­d is gehalveer omdat hierdie steak die helfte dunner gesny is.)

3 Sous Smelt die botter in ’n kastrol en braai die ui, spekvleis en sampioene daarin tot gaar. Meng die res van die bestanddel­e en voeg by. Roer oor matige hitte tot die sous verdik.

4 Sit die steaks voor saam met die sous, gebraaide aartappels, gebraaide sampioene en slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa