Huisgenoot Beste Resepte: Braai

VURIGE PICANHA-STEAK MET AARTAPPELS

-

MARINADE

1 jalapeño-rissie, gekap 4 stingeluie, gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gedruk

2 ml (½ t) rooipeper vars tiemietakk­ies

60 ml (¼ k) olyfolie

VLEIS

500 g picanha-steak olie sout en pas gemaalde swartpeper AARTAPPELS

4 middelslag-aartappels

250 ml (1 k) suurroom

1 Marinade Meng al die bestanddel­e in ’n glasbak.

2 Vleis Laat die steak 1 uur maar verkieslik oornag marineer. 3 Verwyder dit uit die marinade en verf die vleiskant met die olie. Geur met die sout en peper.

4 Braai met die vleiskant na onder op warm kole tot geseël.

5 Draai om sodat die vetkant onder is en braai tot geseël en bros. Braai nou hoër op stadiger kole tot die verlangde graad van gaarheid (lees die wenke op bl. 10).

6 Aartappels Verf elke aartappel met olie, besprinkel met sout en draai elkeen in foelie toe. Plaas in matige kole vir sowat 30 minute of tot gaar.

7 Sit die steaks voor saam met die aartappels en suurroom.

NIKKI YOUNG BELLVILLE, WESKAAP

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa