Huisgenoot Beste Resepte: Braai

PAS DAAI VLEIS MOOI OP!

-

Die akteur Anrich Herbst het ’n filosofies­e siening oor braai wat hy in die oertyd gaan haal.

“Kyk, ons voorouers het mos so om die vuur gesit en kuier terwyl hulle kos gaarmaak. En daardie behoefte is steeds binne-in ons. Dit is waarom ons so baie van braai hou. Dis ’n oerding!

“Wat is nou lekkerder as om na ’n vuur te sit en staar terwyl jy saam met goeie vriende kuier?” vra die ster van vanjaar se kykNET-reekse Boekklub 2 en Seepglad.

Die weer in Suid-Afrika speel ook meestal saam en sorg dat ’n mens buite wil wees, gesels die man wat minstens een keer per week ’n vuurtjie aansteek.

Hy gee nie om wat hy op die kole gooi nie, “solank ek net weet hoe om dit te braai”, skerts hy. Sy gunsteling bly egter skaaptjopp­ies. “En daar moet wors by wees. Ek hou van lekker sappige wors.

“Natuurlik is ’n braai sonder braaibrood­jies nie ’n ware braai nie,” meen Anrich. “Jy moenie afskeep wanneer jy jou braaibrood­jie maak nie.”

Vir dié wat nog leer braai, het Anrich dié raad: “Die kole moenie te koud wees nie, want dan word die vleis taai. Ook nie te warm nie, want dan verbrand jy dit.

“Hou die vleis dop en moenie wegstap van die kole af nie. Onthou, met braaivleis kry jy net een kans. As jy dit verbrand, is dit neusie verby!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa