Huisgenoot Beste Resepte: Braai

GESTOPTE LAMSTJOPS MET MENTPESTO

-

TJOPS

4 lamstjops, 4 cm dik en beentjies skoongemaa­k sout en peper

250 ml (1 k) kruiemarin­ade (opsioneel, resep op bl. 15) MENTPESTO

250 ml (1 k) mentblaart­jies, styf ingepak

80 ml (¹⁄³ k) koljanderb­lare

2 knoffelhui­sies, gekap

60 ml (¼ k) pampoenpit­te

1 suurlemoen se sap en skil olie

VULSEL

80 ml (¹⁄ 3 k) gaar koeskoes

2 droë nektariens en 2 droë dadels, gekap

6 amandels, gekap

45 ml (3 e) koljanderb­lare, gekap 1 Tjops Sny ’n vertikale sakkie in die dik vleisdeel van elke tjop. Geur die tjops met sout en peper en laat 34 uur in die kruiemarin­ade marineer indien verkies.

2 Mentpesto Plaas intussen al die bestanddel­e vir die pesto in ’n voedselver­werker en verwerk tot glad. Voeg genoeg olie by om ’n loperige pasta te vorm.

3 Vulsel Meng al die bestanddel­e vir die vulsel. Vul elke tjop daarmee wanneer dit klaar gemarineer het. Steek vas met peuselstok­kies. Keep die vetkant van die tjops effens in.

4 Knyp die tjops met ’n braaitang vas en braai hulle eers op die vetrand. Braai dan alkant tot bruin buiteom en net gaar maar steeds effens pienk. Verf met die kruiemarin­ade indien verkies of anders met net ’n bietjie olie.

5 Sit die tjops saam met die pesto voor.

GENOEG VIR

4 MENSE

Bereiding 20-30 minute Marineerty­d

3-4 uur (opsioneel)

Braaityd 10-15 minute

 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa