Huisgenoot Beste Resepte: Braai

4 MANIERE MET HEEL VARKSNITTE

GESTOPTE VARKNEK

-

VLEIS

1 klein ontbeende varknek

200-450 ml kruiemarin­ade (resep op bl. 15) sout en peper

VULSEL

1 pakkie (20 g) gedroogde sampioene, geweek

en fyn gekap

250 ml (1 k) roket, fyn gekap

1 rolletjie (100 g) peper-roomkaas

30-45 ml (2-3 e) sondroëtam­aties in vinaigrett­e, gekap

2 knoffelhui­sies, fyn gedruk hand vol pietersiel­ie- en basiliebla­re, fyn

gekap 1 Vleis Sny kepe in die dikker vleisdeel van die varknek en kap die vleis platter met die agterkant van jou handpalm. Laat 3-4 uur in 450 ml kruiemarin­ade marineer indien verkies.

2 Vulsel Meng die sampioene, roket, roomkaas, sondroëtam­aties, knoffel, pietersiel­ie en basilie.

3 Verwyder die varknek uit die marinade (indien gemarineer), druk droog en vou oop. Geur met die sout en peper. Pak die vulsel bo-op, vou toe en bind met tou vas.

4 Geur die buitekant van die rol met nog sout en peper. As jy die vleis nie gemarineer het nie, verf dit nou met 200 ml van die kruiemarin­ade. 5 Bedek met tinfoelie en braai oor matige kole tot net gaar en bruin terwyl dit gereeld met die res van die marinade geverf word.

GENOEGVIR

8 MENSE Bereiding 30 minute Marineerty­d

3-4 uur (opsioneel) Braaityd 1-1½ uur

 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa