Huisgenoot Beste Resepte: Braai

VARKFILET MET VYE-EN-BLOUKAASVU­LSEL

-

SMEERSEL

25 ml (5 t) heuning

125 ml (½ k) lemoensap 5 ml (1 t) Dijonmoste­rd 10 ml (2 t) heelkorrel

mosterd skeut suurlemoen- of

lemmetjies­ap

VLEIS

1 groot varkfilet 60 ml (¼ k) sesamolie

250 g spekvleisr­epe VULSEL

50 g bloukaas, gekrummel 320 g groenvyeko­nfyt, grof

gekap hand vol vars tiemie, gekap 15 ml (1 e) terijaki-sous 45 ml (3 e) koljanderp­esto sout en swartpeper

1 Smeersel Meng al die bestanddel­e vir die smeersel.

2 Vleis Vryf die filet met die sesamolie in en laat dit

1-2 uur in die yskas marineer.

3 Pak die spekrepe langs mekaar sodat die rande effens oorvleuel. Plaas die filet bo-op die spek en vlek dit met ’n skerp mes sodat dit gevul kan word.

4 Vulsel Meng al die bestanddel­e liggies en skep in die middel van die filet. Vou die filet met die spek toe en steek ’n kebabstokk­ie deur elke stuk spek.

5 Plaas op ’n toeknyproo­ster en braai 20-25 minute op warm kole. Draai gedurig om.

6 Laat die vleis 5-8 minute rus en sny in skywe tussen die kebabstokk­e deur.

INNEKE EN JOHNNY UIT KOM ONS BRAAI, VIA DSTVKANAAL 147

GENOEGVIR

6 MENSE Bereiding 15 minute Marineerty­d 1-2 uur Braaityd 20-25 minute

Rustyd 5-8 minute

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa