Huisgenoot Beste Resepte: Braai

MAROKKAANS­E VARKNEK

-

GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 20 minute Marineerty­d 30 minute Gaarmaakty­d 1½-2uur Braaityd

15 minute

SPESERYPAS­TA 5 ml (1 t) borrie 15 ml (1 e) fyn koljander knippie elk fyn kaneel en fyn naeltjies

60 ml (¼ k) olyfolie

2 suurlemoen­e se sap 2 knoffelhui­sies, gekap hand vol gekapte vars koljanderb­lare

en ment

VLEIS

1,5 kg varknek, ontbeen en swoerd

verwyder

375 ml (1½ k) vinkelgeur-rooibostee 125 ml (½ k) gekoopte braaisous of

gladde appelkoosk­onfyt sagte tortillas, gekapte rooi-ui en vars koljander- of roketblare vir voorsit

1 Speserypas­ta Meng die borrie, fyn koljander, kaneel en naeltjies met die olyfolie, suurlemoen­sap, knoffel, koljander en ment om ’n pasta te vorm.

2 Vleis Sny dun kepe oraloor die vleis en vryf dit goed met die pasta in. Laat dit sowat 30 minute marineer.

3 Plaas in ’n vuurvaste emaljebak of swartpot, giet die rooibos oor, bedek en braai 1½-2 uur oor matige kole tot heerlik sag.

4 Verwyder die vleis uit die bak of pot, verf die buitekant met die braaisous of appelkoosk­onfyt en seël vinnig oor warm kole tot die vleis goed bruin is. Sny in skyfies.

5 Kook die pansappe af tot geurig en dikker – voeg ’n bietjie appelkoosk­onfyt by indien verkies. Meng deur die vleis.

6 Sit voor op die tortillas saam met die gekapte rooi-ui en koljander- of roketblare.

 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa