Huisgenoot Beste Resepte: Braai

LIEWER VLEIS AS SAMPIOENE

-

Die samesyn om die braaivleis­vuur is vir Mej. Suid-Afrika, DemiLeigh Nel-Peters, die grootste aantrekkin­gskrag van braai.

“Ek hou die meeste van die geselskap. Daar is net iets omtrent braai wat mense bymekaarbr­ing – dis so gesellig.”

Vir dié skoonheid is ’n braai sinoniem met vleis. “Stel jou voor dat jy net ’n gebraaide sampioen eet! Dit speel die ondersteun­ende rol.”

Demi-Lee is mal oor ’n sappige stukkie kruisskyf, oftewel rump, en klewerige varkribbet­jie. “Rump het van al die snitte die meeste geur, maar is steeds sag.” Sy eet haar steak graag saam met aartappels­laai of een van haar gunsteling­e, pap en sous. “En wat kan jy sê oor ’n lipleklekk­er klewerige ribbetjie wat letterlik van die been afval . . .”

Demi-Lee voel braai is ’n gebruik waarby talle Suid-Afrikaners aanklank vind. “Braai, shisa nyama, barbecue, noem dit wat jy wil – dis alles deel van ons kultuur en ’n fees! “

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa