Huisgenoot Beste Resepte: Braai

KUBAANSE VARKTJOPS

Lekker baie knoffel sorg dat die tjops vol geur is.

-

MARINADE

15 ml (1 e) gerasperde

lemoenskil 12 knoffelhui­sies, fyn

gedruk

125 ml (½ k) vars of 20 ml (4 t) droë origanum

10 ml (2 t) fyn komyn

160 ml (²⁄₃ k) olyfolie

250 ml (1 k) lemoensap 125 ml (½ k) lemmetjies­ap VLEIS

4-6 varktjops, uit die lende

of nek gesny sout en peper

1 Marinade Plaas die skil, knoffel, origanum en komyn in ’n voedselver­werker en verwerk tot fyn. Voeg die olie, lemoen- en lemmetjies­ap deur die tuit by en meng goed. 2 Vleis Plaas die vleis in ’n nie-metaalbak of verseëlbar­e plastieksa­kkie en giet die marinade oor. Laat oornag marineer.

3 Verwyder die vleis uit die marinade, druk droog en geur met die sout en peper.

4 Braai die tjops vinnig aan albei kante op die warm kole tot dit net begin bruin word om dit te verseël. Lig die rooster en braai dit verder hoog bo die kole tot net gaar maar nie droog nie. Verf gereeld met die marinade.

5 Sit voor met lemoenskyf­ies indien verkies.

GENOEG VIR

4 MENSE Bereiding 15 minute Marineerty­d oornag Braaityd 12-15 minute

 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa