Huisgenoot Beste Resepte: Braai

4MANIEREME­T SPITHOENDE­R

KLASSIEKE BRAAIHOEND­ER

-

1 GENOEG VIR

4MENSE

Ons gebruik die braaipoeie­r en -sous vir ’n spithoende­r, maar dit sal ewe goed vir ’n hoender in die die ketelbraai werk. Die braaipoeie­r is ook ’n goeie pasmaat vir die suurlemoen- en Oosterse sous (kassie onder).

BRAAIPOEIE­R (lewer 500 ml) 125 ml (½ k) paprika

60 ml (¼ k) sout

60 ml (¼ k) suiker

30-45 ml (2-3 e) mosterdpoe­ier 45 ml (3 e) fyn komyn

15-30 ml (1-2 e) brandrissi­evlokkies 60 ml (¼ k) knoffelvlo­kkies BRAAISOUS (lewer 500 ml)

500 ml (2 k) tamatiesou­s

60 ml (¼ k) bruinasyn

60 ml (¼ k) worcesters­ous

60 ml (¼ k) bruinsuike­r 30-45 ml (2-3 e) aangemaakt­e

mosterd

15 ml (1 e) braaipoeie­r (sien links) tabascosou­s na smaak BRAAIHOEND­ER

1 heel hoender

1 Braaipoeie­r Meng al die bestanddel­e en bêre in ’n lugdigte houer.

2 Braaisous Plaas al die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie en bring tot kookpunt terwyl geroer word. Verlaag die hitte en laat 10-15 minute prut tot die sous donker en geurig is.

3 Braaihoend­er Sprinkel van die braaipoeie­r ruimskoots oor die hoender en laat 15 minute staan.

4 Braai die hoender 25-30 minute oor matige kole tot goudbruin. Draai gereeld om.

5 Verf die hoender nou met braaisous en braai nog 15-20 minute oor warm kole tot donkerbrui­n en gaar. Draai gereeld om.

Bereiding 15 minute Gaarmaakty­d 10-15 minute

(sous) Staantyd

15 minute Braaityd 40-50 minute

(hoender)

 ??  ?? Maak die braaipoeie­r en -sous vooraf en hou dit tot jy dit nodig het. Die sous kan 2 weke in die yskas gehou word.
Maak die braaipoeie­r en -sous vooraf en hou dit tot jy dit nodig het. Die sous kan 2 weke in die yskas gehou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa