Huisgenoot Beste Resepte: Braai

NIKS SOOS ’N KERRIEPOT

-

Soos ’n mens van Suid-Afrika se braaikonin­g Jan Braai (oftewel

Jan Scannell) kan verwag, hou hy daarvan om byna enigiets op die kole gaar te maak – van potjies en vis tot lamsvleis en steak.

Een ding moet hy hê wanneer hy braai: ’n groot houtvuur. “Ek is glad nie ’n fan van houtskool of gas nie,” sê hy. Jan, die stigter en ambassadeu­r van Braaidag, sê ’n goeie voorraad droë hout is uiters belangrik sodat jy ’n groot vuur kan maak.

Tweede op sy lysie van moethêding­e is ’n potjie. “Daarsonder kan ek nie ’n behoorlike braaimaalt­yd maak nie.”

Wat braai Jan Braai die graagste? “Ek is mal oor ’n hoenderker­riepotjie. Die hoender word supersag wanneer die potjie stadig kook en kerriespes­erye is ’n wonderlike manier om hoender baie geur te gee.”

Nog van Jan se gunsteling­e sluit in vars geelstert op die kole en dikrib saam met krummelpap en skerp tamatiesmo­or of chakalaka.

En vir ’n sonnige somernamid­dag is daar vir hom beswaarlik iets beter as lamslendet­jops met ’n bietjie sout, knoffel en suurlemoen saam met ’n glas witwyn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa