Huisgenoot Beste Resepte: Braai
3 MANIERE MET AARTAPPELS
GEROOSTERDE GRIEKSE SUURLEMOEN-AARTAPPELS
AARTAPPELS
1 kg middelslag-aartappels, in kwarte
gesny
60 ml (¼ k) olyfolie sout en peper
SOUS
125 ml (½ k) ekstra-suiwer olyfolie 60 ml (¼ k) vars suurlemoensap 45 ml (3 e) gekapte vars dille 1 suurlemoen se skil, gerasper 12 knoffelhuisies, gekap Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Aartappels Meng die aartappels met die olyfolie en geur met die sout enpeper.
2 Versprei in ’n groot pan en oondbraai 30 minute of tot die aartappels begin sag word.
3 Sous Klits die olie, suurlemoensap, dille en suurlemoenskil saam. Skep 30 ml (2 e) van die sous uit en hou eenkant. 4 Giet die res van die sous oor die aartappels en bak dit nog sowat 15 minute in die oond tot goudbruin en bros.
5 Meng die gereserveerde sous in ’n groot mengbak met die knoffel.
6 Meng die aartappels deur die knoffelmengsel en sit voor.
MARIETTE EN CHRIS UIT KOM ONS BRAAI, VIA DSTVKANAAL147