Huisgenoot Beste Resepte: Braai

GEROOSTERD­E ROOI-UIESLAAI MET OKKERNEUTS­PRINKEL

-

SLAAI

4 rooi-uie, geskil en in skywe van sowat 2 cm dik gesny sout en peper olyfolie roketblare

1 rol sagte bokkaas,

in stukkies gesny NEUTSPRINK­EL hand vol gekapte koljandere­n/of pietersiel­ieblare

60 g okkerneute, gekap 1 rooi brandrissi­e, gekap 1 knoffelhui­sie, gekap 45 ml (3 e) witasyn 30 ml (2 e) olyfolie

1 Slaai Giet kookwater oor die uie en laat sowat 5 minute staan. Dreineer en druk droog.

2 Sprinkel die sout, peper en ’n bietjie olyfolie oor die uiskywe. Pak in ’n toeknyproo­ster en braai op die kole tot effens geskroei en sag. Draai gereeld. Hou eenkant.

3 Rangskik die roketblare op ’n bord, pak die uieskywe bo-op en voeg die kaas by.

4 Neutsprink­el Meng al die bestanddel­e en skep oor die slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa