Huisgenoot Beste Resepte: Braai

OM TE BRAAI IS OM TE DEEL

-

Minder is beter, glo die akteur Drikus Volschenk, wat tans in die TV-reeks Bedford Wives op SABC3 te sien is. Daarom glo hy nie daaraan om sy gunsteling-braaisnit, dik lamslendet­jops, “in souse en marinades te verdrink nie”.

Die geur van ’n braaivleis­vuur verskaf al die ekstra smaak wat skaapvleis nodig het, sê Drikus.

Bykos moet ekonomies en gesond wees, meen die akteur wat een van die hoofrolle in die bekroonde fliek Dis Ek, Anna vertolk het. Dit moet die maaltyd aanvul eerder as oorheers. Drikus se gunsteling is ’n capresesla­ai met ’n avo-kinkel.

Hy pak dun gesnyde skywe mozzarella­kaas, tamatie en avokado in rye op ’n bord uit en plaas vars basiliebla­re tussenin. Vir ekstra geur word balsemieke asyn oorgesprin­kel en dan is die slaai gereed.

“Om te braai is om te deel,” glo Drikus. “Dit gaan oor die deel van stories, kos en herinnerin­ge.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa