Huisgenoot Beste Resepte: Braai
’N BRAAI IS NIE ’N BRAAI SONDER AARTAPPELSLAAI
“Ons is lief vir kos en gesels en daar is geen beter plek daarvoor as langs die braaivleisvuur nie,” sê die R&B-sanger Loyiso Bala.
Die sanger, wat sy talent jare gelede in die Drakensberg-Seunskoor geslyp en al saam met internasionale sterre soos John Legend, Brian McKnight en Elton John opgetree het, kan hom nie ’n braai sonder tuisgemaakte aartappelslaai voorstel nie. Pap is ook ’n gunsteling, “solank die chakalaka net nie altyd opraak nie!”
Verder geniet hy graag lamsvleis op die kole.