Huisgenoot Beste Resepte: Braai

PATAT-POTBROOD

-

250 g gaar patat, fyn gedruk 450-500 ml louwarm water 750 g koekmeel 5ml(1t)sout

10 g kitsgis

15 ml (1 e) botter, gesmelt

Smeer 2 middelslag-platboomsw­artpotte goed met botter en stuif meel oor.

1 Meng die gaar patat met die water tot effens loperig.

2 Meng die meel, sout en kitsgis in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel en giet die patat in.

3 Meng tot ’n deeg begin vorm.

Knie minstens 10 minute tot glad en elasties en verdeel in twee. Plaas elke stuk in ’n afsonderli­ke pot, bedek met ’n vadoek en laat sowat 30 minute op ’n warm plek tot dubbel die volume rys. 4 Smeer die bokant van die brode met die gesmelte botter en maak toe met die deksels.

5 Plaas die potte oor kole met ’n lae hitte. Pak ’n paar kole op die deksels van die potte en bak 40-50 minute of tot dit hol klink as jy dit aan die onderkant klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa