Huisgenoot Beste Resepte: Braai

BAK ’N BROODJIE OP DIE KOLE

-

By meeste van die gis- en kitsbrode in dié tydskrif dui ons net die baktyd in die oond aan omdat die baktyd op die kole na gelang van die kole se hitte en die grootte van die brood wissel. Gaan so te werk as jy dit op die kole wil bak: Smeer die pot en deksel goed met botter. Plaas die pot op ’n staander op matige kole. Pak ’n paar kole op die deksel. Wees versigtig dat die brood nie brand nie, veral as die kole te warm is of die pot te na aan die vuur staan. Sorg dat die hitte egalig versprei is. Draai die pot af en toe. Bak die brood tot dit gaar is, ’n toetspen skoon uit die middel kom en dit hol klink as jy daarop klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa