Huisgenoot Beste Resepte: Braai

KRUIEBOLLE­TJIES

-

125 ml (½ k) melk 30 ml (2 e) botter 660 g koekmeel

5 ml (1 t) sout

1 pakkie (10 g) kitsgis 100 g cheddarkaa­s,

gerasper

2 LEWER 15 BOLLETJIES

2 sprietuie, gekap 30 ml (2 e) vars pietersiel­ie, gekap

375 ml (1½ k) louwarm

water melk vir verf

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n platboom-swartpot van 24 cm.

1 Verhit die melk en botter tot die botter gesmelt het. Laat eenkant staan om af te koel tot louwarm. 2 Sif die meel, sout en gis saam. Voeg die kaas, sprietuie en pietersiel­ie by. Giet die melkmengse­l en water by, meng en knie sowat 10 minute tot ’n gladde deeg vorm.

3 Bedek met ’n klam vadoek en laat 40 minute rys. 4 Knie liggies, verdeel in bolle en pak die bolle styf teen mekaar in die pot. Laat nog 20 minute rys.

5 Verf die deeg met die melk en bak 25-30 minute of tot gaar. Die brood moet hol klink as jy daarop klop.

Op die kole Lees die kassie op die oorkantste bladsy.

WILMA NORTJE KRUGERSDOR­P, GAUTENG

Bereiding

15 minute

Rystyd

40 + 20 minute

Baktyd 25-30 minute

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa