Huisgenoot Beste Resepte: Braai

KNOFFELBRO­ODJIES

-

BROODJIES

2 eiers

30 ml (2 e) olie

500 ml (2 k) louwarm water 60 ml (¼ k) suiker

5 x 250 ml (5 k) witbroodme­el 1 pakkie (10 g) kitsgis

10 ml (2 t) sout

15 ml (1 e) knoffelvlo­kkies DOOPSOUS

180 ml (¾ k) botter 2 knoffelhui­sies,

gekneus

10 ml (2 t) paprika

20 ml (4 t) droë pietersiel­ie sout na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 12 klein broodpanne­tjies.

1 Broodjies Klits die eiers, olie, water en suiker saam.

2 Sif die meel, gis en sout in ’n groot bak. Voeg die knoffelvlo­kkies en die eiermengse­l by. Knie tot dit ’n sagte deeg vorm wat nie aan jou hande vassit nie. Laat 1 uur rys.

3 Doopsous Verhit die botter en knoffel in ’n kastrollet­jie en voeg die paprika en pietersiel­ie by. Geur met sout na smaak. Laat 1 minuut prut. Hou eenkant.

4 Knie die deeg af en verdeel in 12 ewe groot dele. Vorm in balletjies en rol in die doopsous. Plaas in die pannetjies en laat 30 minute rys.

5 Bak 20-25 minute tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.

Op die kole Lees die kassie op die oorkantste bladsy. BELINDA VAN EDEN HIERDIE LESER HET ONGELUKKIG NIE ’N ADRES VERSKAF NIE.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa