Huisgenoot Beste Resepte: Braai

KARRINGMEL­K-KRUIEBROOD

-

500 g koekmeel

5 ml (1 t) sout

25 ml (5 t) bakpoeier 15 ml (1 e) gemengde vars kruie (soos pietersiel­ie, tiemie, roosmaryn, basilie of dille), gekap 2 eiers, geklits

375 ml (1½ k) karringmel­k

30 ml (2 e) olie vars kruie vir

garnering (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde bak van 23 cm.

1 Sif die meel, sout en bakpoeier saam en voeg die gekapte kruie by.

2 Klits die eiers, karringmel­k en olie saam en voeg by die meelmengse­l. Roer goed tot ’n sagte deeg vorm. 3 Skep die mengsel in die voorbereid­e bak, plaas van die vars kruie bo-op indien verkies en bak 1 uur tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.

4 Strooi nog vars kruie oor en sit voor saam met botter en kaas.

Op die kole Lees die kassie op bl. 80. JOEY SLABBERT KRAAIFONTE­IN, WESKAAP

 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa