Huisgenoot Beste Resepte: Braai

UI-EN-SOETRISSIE-BROOD

-

3 LEWER 2 KLEIN

BRODE OF 1 GROOT BROOD Bereiding 20 minute Baktyd

1 uur

1 ui, gekap

1 rooi soetrissie, gekap

1 groen soetrissie, gekap

125 ml (½ k) cheddarkaa­s, gerasper 30 ml (2 e) sonneblomo­lie

125 ml (½ k) melk

15 ml (1 e) vars pietersiel­ie, gekap 10 ml (2 t) droë uievlokkie­s

5 ml (1 t) knoffel-en-krui-speserye 2 groot eiers

625 ml (2½ k) broodmeel

15 ml (1 e) bakpoeier sout en pas gemaalde swartpeper 60 ml (¼ k) pampoenpit­te Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee 15 x 9 cm-broodpanne of een pan van 22 x 8 cm.

1 Meng die ui, soetrissie­s, kaas, olie, melk, pietersiel­ie, uievlokkie­s, speserye en eiers in ’n groot bak.

2 Sif die meel en bakpoeier saam, geur met die sout en peper en voeg by die uiemengsel. Roer liggies tot al die bestanddel­e goed gemeng is.

3 Verdeel die mengsel tussen die voorbereid­e panne, sprinkel die pampoenpit­te bo-op en bak 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.

Op die kole Lees die kassie op bl. 80. ANNETTE VAN TONDER PIKETBERG, WESKAAP

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa