Huisgenoot Beste Resepte: Braai
LEKKERDER AS TROUKOEK
Die trourokontwerper en VIA-aanbieder Diaan Daniels sê ’n mens braai in geen omstandighede sonder vleis van ’n goeie gehalte nie. “En ’n braai is nie ’n braai sonder lekker gemarineerde bees- of lamsvleis en natuurlik sappige wors nie.” Hy koop graag vleis by ’n boeremark of sy plaaslike slaghuis.
Omdat Diaan ’n kreatiewe siel is, eksperimenteer hy graag met nuwe resepte. “Ek het geen geheime resep of bestanddeel vir braai nie. Dis vir my beter en lekkerder om elke keer iets anders te prakseer wanneer ons braai. Partykeer is dit ’n paptert. Ander kere is dit braaibroodjies.”
Maar ’n bykos waarvoor hy nooit nee dankie sê nie, is sy ma se groenboongereg. “Sy maak dit met room en NikNaks – njam!”
Diaan se liefde vir braai is deur sy ouers geprikkel. “Ek is mos ’n Vrystaatse seun. Ons het so grootgeword. Dis in my bloed. Ek is lief vir vleis en sal nooit ’n vegetariër kan wees nie,” spot die televisiester.
Braai is vir hom ’n spesiale geleentheid. “’n Mens braai net as jy saam met vriende of familie is. ’n Mens braai nie alleen nie; dis net