Huisgenoot Beste Resepte: Braai

KLAPPER-BROODPOEDI­NG

-

3 GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 15 minute Weektyd

1 uur Baktyd 30-35 minute

BROOD

125 ml (½ k) rosyne

125 ml (½ k) sjerrie

250 g sagte botter

250 ml (1 k) sagte bruinsuike­r

10-12 snye witbrood, in driehoeke (2 driehoeke per sny) gesny VLA

4 eiers

200 ml klappermel­k 200 ml Amarula Creamlikeu­r

5 ml (1 t) vanieljege­ursel 5 ml (1 t) kaneel

100 g pekanneute, in ’n

droë pan gerooster roomys vir voorsit

Smeer ’n swart platboompo­t goed met botter.

1 Brood Laat die rosyne 1 uur in die sjerrie week.

2 Meng die botter en suiker en smeer aan albei kante van elke sny brood. Pak die brood in lae in die platboompo­t.

3 Dreineer die rosyne en sprinkel dit oor die brood.

4 Vla Klits die eiers, klappermel­k, likeur, geursel en kaneel saam en giet oor die brood. Sprinkel die neute oor, plaas die deksel op die pot en plaas die pot op effens warm kole. Pak ’n paar kole op die deksel en bak 30-35 minute.

5 Sit die warm broodpoedi­ng saam met roomys voor. YVETTE EN DEWALD UIT KOM ONS BRAAI VIA, DSTVKANAAL 147

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa