Huisgenoot Beste Resepte: Braai

INDIVIDUEL­E CROISSANT-POEDINKIES

-

2 GENOEG VIR

6 MENSE Bereiding 15 minute Weektyd

1 uur Baktyd 35-40 minute

BROOD

250 g rosyne

250 ml (1 k) brandewyn 8 croissants, in brokkies

gebreek

200 g ongesoute botter,

gesmelt VLA

250 ml (1 k) strooisuik­er 5 eiergele

1 vanieljepe­ul se saadjies 500 ml (2 k) dubbelroom 500 ml (2 k) melk dessertroo­m vir voorsit

Verhit die oond tot 180 °C en smeer 6 ramekins. (Hierdie gereg kan ook in ’n matig warm ketelbraai­er gebak word.)

1 Brood Plaas die rosyne in ’n bak, giet die brandewyn oor en laat 1 uur week.

2 Verdeel die croissant-brokkies tussen die ramekins. Giet die gesmelte botter oor.

3 Verdeel die rosyne en die brandewyn tussen die ramekins en sprinkel oor die croissant-brokkies.

4 Vla Klits die suiker en eiergele saam tot glad. Voeg die vanieljesa­de by.

5 Klits die dubbelroom en melk by en giet oor die croissants.

6 Pak die ramekins in ’n oondbak en giet genoeg kookwater in die bak sodat die water tot by die middel van die ramekinkan­te kom. Bak 35-40 minute tot bruin en bros.

7 Sit die poeding voor saam met dessertroo­m.

NIKKI EN MARIUS UIT KOM ONS BRAAI VIA, DSTVKANAAL 147 

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa