Huisgenoot Beste Resepte: Braai

HOEKOM MARINEER?

-

Jy kan ’n taaier snit verbeter deur dit te marineer – die sous gee nie net geur aan die vleis nie, maar die suur daarin help om die vleis sagter te maak.

Sommige marinades brand maklik aan, soos dié wat suiker bevat. Tik die vleis dan droog voor dit gebraai word, stel die rooster hoër en draai die vleis dikwels om.

WENKE

VLEIS

○ Hoe lank vleis gemarineer word hang af van die soort vleis en die snitgroott­e. Groot snitte kan van ’n paar uur tot hoogstens een of twee dae in die marinade lê. Pasop vir te lank – dit maak die vleis melerig.

○ Maak insnydings in die vleis sodat die marinade kan intrek. ○ Bedruip die vleis gedurig met die marinade terwyl dit braai. ○ Moenie gaar vleis terugskep in rou marinade nie – dis vol bakterieë en kan jou siek maak.

HOENDER

○ Hoender en wild word met groot welslae gemarineer.

TJOPS EN STEAK

○ Tjops en steaks is op hul beste net so met die natuurlike geur wat behoue bly, maar ’n vinnige vegie met ’n braaisous is ook lekker.

VIS

○ Vis is van nature sappig en delikaat gegeur. Marineer dit as jy ’n spesifieke geur daaraan wil gee, soos Oosters of Mediterree­ns.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa