Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Isabella se geelstert met knoffelsoj­asous

-

Isabella Niehaus van Langebaan aan die Weskus ken van vis gaarmaak. Dié resep is een van haar wenners.

MARINADE

2 heel knoffelbol­le

250 ml (1 k) suurlemoen­sap

250 ml (1 k) sojasous

250 ml (1 k) olyfolie

VIS

1 geelstert, skoongemaa­k en gevlek

1 Marinade Rasper die knoffel aan die growwe kant van die rasper sodat die skil agterbly. Meng met die res van die marinadebe­standdele.

2 Vis Giet die marinade oor die vis en laat 1 uur marineer.

3 Verwyder die vis uit die marinade en hou die marinade eenkant. Plaas die vis in ’n toeklaproo­ster en braai 1012 minute met die vel na onder tot die vleis netnet wit verkleur. Verf dikwels met die marinade. Draai om en braai die vleiskant 23 sekondes of tot net bruin.

4 Kook intussen die oorskietma­rinade af tot geurig en sit saam met die vis voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa