Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Kerrie-lamstjops met kruieaarta­ppels

-

KERRIESOUS

10 ml (2 t) olie

1 groot ui, gekap

375 ml (1½ k) asyn 15 ml (1 e) matige kerrie

poeier

5 ml (1 t) borrie

15 ml (1 e) gemaalde

koljander

60 ml (¼ k) suiker

30 ml (2 e) appelkoos

konfyt

GENOEG VIR 2-4 MENSE Bereiding 15 minute Marineerty­d 1 uur of oornag Braaityd 15-20 minute

VLEIS

6 lamslendet­jops sout en pas gemaalde

peper

AARTAPPELS

500800 g babaaartap

pels

3 knoffelhui­sies, gekneus 3 takkies elk tiemie en

roosmaryn

10 ml (2 t) sout olyfolie

1 Kerriesous Verhit die olie in ’n klein pannetjie en braai die ui tot goudbruin. Voeg die res van die sousbestan­ddele by en laat 6-8 minute oor lae hitte prut tot geurig. Plaas eenkant om af te koel.

2 Vleis Geur die tjops met die sout en peper en laat 1 uur of oornag in die afgekoelde sous marineer.

3 Aartappels Plaas die aartappels, knoffel, tiemie en roosmaryn in ’n kastrol en voeg koue water by tot die aartappels net-net bedek is. Geur met die sout en laat kook tot sag. Dreineer en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Hou warm.

4 Verwyder die tjops uit die sous, geur met die sout en peper en braai 15-20 minute op warm kole tot net gaar. Draai gereeld om.

5 Sit voor saam met die baba-aartappels.

MONDI BASSON NUWERUS, WESKAAP

 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa