Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Vis in koerantpap­ier

1 VIS IN KOERANTPAP­IER

-

1 heel vis sowat 2,5 kg, skoon geskraap

met kop en stert aan sout en peper

30 ml (2 e) tamatie-, Thaise of koljanderp­esto 60 ml (¼ k) natuurlike jogurt

2 knoffelhui­sies, gekap paar basilie- of spinasiebl­are paar stingeluie

1 Vlek die vis en geur met die sout en peper.

2 Meng die pesto van jou keuse, jogurt en knoffel en verf oor die binnekant van die vis.

3 Pak die basilie- of spinasiebl­are en stingeluie op die een kant van die vis en vou toe. Maak drie kepe in die vis en bind dit goed met tou toe. 4 Plaas die vis op ’n groot vel bakpapier en draai dit daarin toe. Draai dan 16 velle koerantpap­ier om en bind vas met tou.

5 Maak die toegedraai­de vis goed onder die kraan nat. Maak ’n gat in warm, uitgebrand­e kole en plaas die vis tussen die kole. Plaas ’n paar kole bo-op en bak 4560 minute. Die koerantpap­ier sal aan die einde van die baktyd buiteom geskroei wees.

6 Lig die koerantpap­ierpakkie versigtig uit die kole, plaas op ’n skoon vel koerantpap­ier en sny die pakkie oop. Die vis se vel sal saam met die bakpapier afkom. 7 Sit voor saam met knoffelbro­od, vars tamaties en suurlemoen­skywe.

 ??  ?? 1
1
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa