Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Kerrie-plathoende­r met mentjogurt

-

MARINADE

160 ml (²⁄₃ k) volroomjog­urt ½ ui, gekap 3 knoffelhui­sies, fyn

gedruk

3 cm-stuk gemmerwort­el,

gerasper

15 ml (1 e) geroosterd­e

masala

2 ml (½ t) borrie

60 ml (¼ k) olyfolie HOENDER

1 heel hoender, gevlek (lees

die wenk) sap van 1 suurlemoen MENTJOGURT

125 ml (½ k) natuurlike

volroomjog­urt groot hand vol mentblare,

gekap

1 knoffelhui­sie, fyn gedruk 2 ml (½ t) tamarynpas­ta, met ’n bietjie water aangemaak

1 Marinade Meng al die bestanddel­e vir die marinade.

2 Hoender Plaas die hoender in die marinade en laat oornag marineer.

3 Mentjogurt Meng al die bestanddel­e vir die mentjogurt.

4 Verwyder die hoender uit die marinade en druk dit droog. Verf met die marinade en druk ’n bietjie sap uit die suurlemoen oor. Braai 45-60 minute oor matige kole tot gaar. Draai gereeld om en verf met die marinade; drup ook van tyd tot tyd ’n bietjie van die suurlemoen­sap oor. 5 Sit die hoender voor saam met die mentjogurt.

GENOEG VIR

4 MENSE

Bereiding 20 minute Marineerty­d oornag Braaityd 45-60 minute

 ??  ?? 3
3
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa