Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Romerige hoender-groentepot

-

Maritza Stander het dié resep sowat 13 jaar gelede by ’n vriendin gekry en dit oor die jare aangepas. Nou is die hoenderpot al so gewild by haar vriende dat niemand anders as sy toegelaat word om dit te maak nie.

3 groot uie, grof

gekap

30 ml (2 e) fyn

gekapte knoffel olie

1 pakkie (250 g) spekvleis, in stukkies gesny

45 ml (3 e) fyn appel

kooskonfyt

250 g knopiesam

pioene, gehalveer 2 kg ontbeende hoen

der, in blokkies gesny sout en peper

6 groot aartappels, geskil en in stukke gesny

1 kg gemengde groente (pitmielies, ertjies en wortels)

250 ml (1 k) room 10 ml (2 t) elk wituiesopp­oeier en beessterts­oppoeier

1 Braai die uie en knoffel in ’n bietjie verhitte olie in ’n groot pot tot sag.

2 Voeg die spekvleis by en braai tot gaar. Roer die konfyt by.

3 Voeg die sampioene by en braai tot sag.

4 Geur die hoender met die sout en peper en voeg by die spekvleism­engsel. Braai tot effens bruin en voeg 250 ml (1 k) water by. Plaas die deksel op en laat 15 minute oor lae hitte prut tot die hoender sag is.

5 Voeg die aartappels by en laat

20 minute prut tot byna sag.

6 Plaas die groente bo-op die hoender, bedek en laat prut 15 minute tot die aartappels sag en die groente warm is.

7 Meng die room met die twee soorte soppoeier en roer by. Laat prut sonder die deksel tot die sous verdik het.

MARITZA STANDER NOUPOORT, NOORDKAAP

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa