Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Suurlemoen-en-tiemie-tjops

-

MARINADE EN VLEIS

30 ml (2 e) suurlemoen­sap,

vars uitgedruk

5 ml (1 t) olyfolie

23 takkies vars tiemie,

gekap

1 knoffelhui­sie, fyn gedruk sout en pas gemaalde

swartpeper 6 lamslendet­jops, 2,5 cm

dik gesny SALSA

1 stewige tamatie, gekap ¼ komkommer, in klein

blokkies gesny

1 rooiui, gekap

1 wiel (100 g) fetakaas 15 ml (1 e) rooiwynasy­n 15 ml (1 e) olyfolie

2 ml (½ t) suiker

1 Marinade en vleis Meng die suurlemoen­sap, olie, tiemie, knoffel, sout en peper goed. Plaas die tjops in ’n toeritspla­stieksakki­e en giet die marinade oor. Seël goed en laat 15 minute by kamertempe­ratuur marineer.

2 Salsa Plaas die tamatie, komkommer, ui en feta in ’n bak. Meng die asyn, olie en suiker en giet bo-oor. Meng liggies. 3 Braai die tjops op warm kole. Braai die vetkant eerste tot die vet bros is. Braai verder aan die ander kant tot net gaar terwyl jy dit dikwels omdraai.

4 Sit die tjops voor saam met die vars salsa.

JACKIE NAIDOO DURBAN, KWAZULUNATAL

GENOEG VIR 2-3 MENSE Bereiding 30 minute Marineerty­d 15 minute Braaityd 15-20 minute

 ??  ?? 5
5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa