Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Harders met pan-aartappels

-

Die pangebraai­de aartappels is heerlik saam met hierdie klein, heel vissies – trouens, saam met enige soort vis.

KRUIEBOTTE­R

250 g botter

45 ml (3 e) elk gekapte vars

koljander en pietersiel­ie 3 knoffelhui­sies, fyn gedruk

7 ml (½ e) elk fyn komyn en

paprika

1 suurlemoen se sap en skil 1 brandrissi­e, gekap

VIS

2-3 heel visse soos rooiharder­s of 4-6 kleiner heel vissies soos harders,

skubbe en binnegoed verwyder PAN-AARTAPPELS olie

5 ml (1 t) fyn gerasperde gemmer

15 ml (1 e) gekapte vars

knoffel

4 aartappels, gekook en in

skywe gesny 2ml(½t)fynkomyn sout en peper

15 ml (1 e) gekapte vars

koljander

1 Kruiebotte­r Meng al die bestanddel­e.

2 Vis Sny ’n paar kepe in die vel indien groter visse gebruik word en vlek indien verkies. Smeer elke vis se vel goed met die kruiebotte­r in en plaas op ’n toeklaproo­ster. Stip die bokant (of vleiskant indien gevlek) van elke vis met nog kruiebotte­r.

3 Braai 15-25 minute oor matige kole (velkant na onder indien gevlek) of tot die vleis wit word. Draai om en stip die ander kant met kruiebotte­r. Braai nog ’n paar minute tot net gaar.

4 Aartappels Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Voeg die gemmer en knoffel by, gevolg deur die aartappels. Roerbraai 5 minute tot warm. Geur met die komyn, sout, peper en gekapte koljander.

5 Sit saam met die vis voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa