Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Lamsribbet­jie in kerriesous

-

MARINADE

30 ml (2 e) botter

1 ui, gekap

10 ml (2 t) geroosterd­e

kerriepoei­er

2 ml (½ t) fyn komyn 5 ml (1 t) borrie

60 ml (¼ k) elk suiker en

appelkoosk­onfyt 15 ml (1 e) mielieblom

2 ml (½ t) sout pas gemaalde swartpeper 200 ml asyn

60 ml (¼ k) droë witwyn VLEIS

1 kg lamsribbet­jie sout en peper

1 Marinade Verhit die botter in ’n kastrollet­jie. Voeg die ui by en braai tot bruin.

2 Meng die kerrie, komyn, borrie, suiker, konfyt, mielieblom, sout en peper tot dit ’n pasta vorm.

3 Voeg die asyn en witwyn by en voeg by die uie. Laat sowat 3 minute oor lae hitte prut terwyl jy aanhou roer. Verwyder van die hitte en laat afkoel.

4 Vleis Laat die vleis oornag in die sous marineer. Verwyder die vleis uit die marinade, geur met die sout en peper en braai sowat 1 uur oor matige kole of tot die vleis gaar is. 5 Sit dit voor saam met baba-aartappels.

NIKKI YOUNG BELLVILLE, WESKAAP

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa