Huisgenoot Beste Resepte: Braai
Italiaanse lamsboud
1 lamsboud van 1, 5 kg,
ontbeen
14 knoffelhuisies, in dun
skyfies gesny
13-14 roosmaryntakkies 16 ansjovissies, elk in die
helfte gesny sout en pas gemaalde swartpeper
45 ml (3 e) olyfolie
1 Maak klein snytjies in die lam en druk ’n knoffelskyfie in elke tweede sny.
2 Knip die roosmaryn in kleiner stukkies en draai die ansjovis om elke stukkie. Druk dit in die oorblywende snytjies. Geur die vleis met die sout en peper en vryf deeglik met die olie in.
3 Braai die boud op ’n oop rooster of in ’n koepelbraaier op warm kole tot die vleis geseël is. Bedek met die deksel of tinfoelie en braai hoër en op stadiger kole tot gaar.
THINUS MALAN PAARL, WESKAAP