Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Gevulde vissies

-

VULSEL

30 ml (2 e) botter

1 ui, gekap

100 g spek

1 groen soetrissie, gekap

100 g geroosterd­e amandels

125 ml (½ k) vars koljander, gekap gerasperde skil van 1 suurlemoen MARINADE

30 ml (2 e) suurlemoen­sap

30 ml (2 e) sojasous

5 ml (1 t) heuning

4 knoffelhui­sies, gekneus

10 ml (2 t) vars gemmer, gekap 60 ml (¼ k) botter, gesmelt sout en pas gemaalde swartpeper VIS

3-4 heel klein heel vissies, skoongemaa­k en

binnegoed verwyder

80 g grasuie

1 Vulsel Verhit die botter in ’n pan en braai die ui en spek tot die spek bros is. Voeg die res van die vulselbest­anddele by en roerbraai 1 minuut.

2 Marinade Meng al die bestanddel­e.

3 Vis Verf die vis binne en buite met die marinade.

4 Skep die vulsel in die vis. Plaas die grasuie in die kieue en bind die vis met kombuistou toe.

5 Rangskik die vissies op ’n toeklaproo­ster en braai dit sowat 20 minute op matige kole tot gaar. Draai af en toe om en verf met die oorskiet-marinade.

ELNA MATTHEUS PRETORIA, GAUTENG

 ??  ?? Maak seker jy haal al die fyn graatjies uit. Plaas ’n mengbak onderstebo met die visfilet oor die onderkant. So kan jy die grate maklik sien of voel en met ’n tangetjie
uittrek.
Maak seker jy haal al die fyn graatjies uit. Plaas ’n mengbak onderstebo met die visfilet oor die onderkant. So kan jy die grate maklik sien of voel en met ’n tangetjie uittrek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa