Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Dié gids sal jou help om met smaak op ’n oop vuur te braai – of in ’n ketelbraai, wat in die perfekte oond verander sodra jy die deksel opsit

-

’n Houtvuur gee ’n onmiskenba­re geur aan braaivleis en daarom meen die meeste bobaas-braaiers dis die beste manier van braai. Dis wel moeiliker om te beheer, maar dis dikwels warmer as ’n vuur wat met brikette gepak is. ’n Houtvuur moet eers ’n ruk brand en kole maak voor daar gebraai kan word, wat die voorbereid­ingstyd langer maak. Daar’s ook die gevaar dat dit te vinnig uitbrand as jy nie die regte hout gebruik nie. Maak seker jy beheer dit goed sodat dit nie te veel rook afgee nie, want rook kan die kos bitter laat smaak. Die voorbereid­ing duur . . . sowat ’n uur, afhangend van die hout.

1. Pak die vuur

Pak die hout op ’n hopie, steek dit aan die brand en wag dat kole vorm. Maak ’n ekstra vuurtjie langsaan sodat jy die kole kan aanvul indien nodig.

2. Kry die kole reg

Die kole is gereed wanneer daar nie meer vlamme is nie en ’n goeie hoop kole gevorm het. Versprei die kole onder die plek waar die rooster gaan wees.

3. Beheer die hitte

Voeg kole by namate die kole hitte begin verloor. As die hitte verminder moet word, kan jy die rooster eers hoër stel en dan algaande weer laat sak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa