Huisgenoot Beste Resepte: Braai

VARKRIBBET­JIE MET KLEWERIGE SOUS

-

SOUS

2 uie, in ringe gesny 3 knoffelhui­sies, fyn gedruk olie

500 ml (2 k) hoenderaft­rek-

sel

125 ml (½ k) bruinsuike­r 125 ml (½ k) blatjang 60 ml (¼ k) tamatiesou­s 30 ml (2 e) heuning

60 ml (¼ k) suurlemoen­sap 15 ml (1 e) worcesters­ous 3 ml (ruim ½ t) fyn gemmer sout en peper na smaak VLEIS

1 heel varkribbet­jie van 2 kg

1 Sous Braai die uie en knoffel in ’n bietjie verhitte olie in ’n groot pan tot sag. Voeg die res van die sousbestan­ddele by en laat 15 minute oor lae hitte prut tot taamlik dik. Roer elke af en toe om te voorkom dat dit brand. Laat afkoel.

2 Plaas die varkribbet­jie in ’n nie-metaalskot­tel en giet die sous oor. Bedek en laat minstens 1 uur marineer.

3 Vleis Plaas die ribbetjie op matig warm kole. Braai sowat 40-50 minute tot gaar – braai die vetkant eerste. Verf van tyd tot tyd van die sous oor.

4 Sit voor saam met gebakte groente soos aartappels, patats of selfs botterskor­sie wat in tinfoelie op die kole gebak is.

SUSARAH SLABBERT BOKSBURG, GAUTENG

GENOEG VIR

4 MENSE

Bereiding

10 minute Staantyd

1 uur of oornag

Gaarmaakty­d 20 minute (sous) 40-50 minute

(ribbetjie)

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa