Huisgenoot Beste Resepte: Braai

SUURLEMOEN­VARKTJOPS

-

80 g spekvleis, in blokkies

gesny sap en skil van 3 suurlemoen­e 45 ml (3 e) vars salie, grof

gekap sout en peper na smaak 3 ontbeende varklendet­jops (minstens 3-5 cm dik), die ergste vet afgesny 45 ml (3 e) olyfolie

50 g koue botter,

in skyfies gesny ekstra salieblare vir

garnering

1 Meng die spek, sap van 1½ suurlemoen­e, skil van al 3 suurlemoen­e, salie, sout en peper tot ’n pasta. Hou eenkant.

2 Draai elke tjop op sy sy en maak ’n vertikale snit in die middel van die tjops, maar nie regdeur die vleis nie, om ’n sakkie te vorm. Vlek die vleis oop en druk effens plat met die agterkant van jou handpalm. Maak snytjies kruis en dwars oor die vleis aan die binnekant van die sakkie. Vryf die suurlemoen­pasta oor die vleis en in die snye.

3 Druk die vleis toe, verf met olie en geur met sout en peper.

4 Pak op ’n toeklaproo­ster en braai die vleis 6-8 minute op matige kole met die gesmeerde kant na die vuur. Draai die vleis om en braai nog sowat 8 minute of tot net gaar.

5 Rangskik die vleis op ’n opdienbord en pak die botterskyw­e bo-op sodat die botter smelt.

6 Geur die vleis met die res van die suurlemoen­sap en garneer met salieblare.

NATHAN ADAMS ELDORADOPA­RK, GAUTENG

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding 15 minute Braaityd 14-16 minute

 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa