Huisgenoot Beste Resepte: Braai

3 MANIERE MET DEEG OP DIE KOLE

’N HOOP HOUT VIR ’N LÁNG KUIER

-

Genoeg hout sodat die kuier nie te vinnig verby is nie!

Dit is volgens die sanger Theuns Jordaan een van die belangriks­te dinge om in gedagte te hou wanneer jy vriende vir ’n braai nooi.

’n Mens moenie te vinnig by die hoofmaal uitkom nie, meen hy. “Dalk ’n klein happie voor die tyd, soos stukkies wors of repies steak, net sodat die gaste nie te honger word nie. Maar die kuierfakto­r om ’n vuur voor die eintlike vleis gebraai word, is baie belangrik.”

Die sanger met die rasperstem braai net met hout. “Die enigste keer wanneer ’n mens met charcoal mag braai, is wanneer jy in ’n woonstel in Londen is. Die grootste genot van braai is die vuur.

Charcoal het nie daardie bekoring nie.”

Theuns is ’n man wat, wanneer hy by die huis is, tot drie keer per week braai. Hy maak veel eerder sy kos in die binnebraai as in die kombuis gaar, sê hy.

As bykos hou hy van ’n braaibrood­jie wat met roosterkoe­kdeeg gemaak is. Omdat hy dit nog nie self probeer maak het nie is hy baie bly as hy dit wel by ’n braai te ete kry.

“Wanneer ek net vir myself braai, sal ek ’n braaibrood­jie met ’n kaasbroodr­olletjie maak met net kaas, tamatie en dalk ’n leksel chutney. As daar uie in die huis is, sal ek dit ook bysit, maar dis nie noodsaakli­k nie.”

Die soort vleis op die kole is vir dié seun van Venterstad in die Karoo baie belangrik. Soos hy dit stel: “’n Karootjopp­ie van Venterstad – genoeg gesê!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa