Huisgenoot Beste Resepte: Braai
KETELBRAAI-PIZZA
Dit proe nes ’n pizza uit ’n pizza-oond! 3 groot gekoopte pizzabasisse of maak self basisse van die basiese brooddeeg (resep op die oorkantste bladsy)
1 Pak die bolaag van jou keuse (resepte regs) op die gekoopte of selfgemaakte, gaar basisse. Begin met die pesto of sous, en voeg die vars kruie eers ná die gaarmaakslag by.
2 Plaas dit op die rooster van ’n koepelbraaier met matige kole in. Bedek met tinfoelie of plaas die deksel op en bak sowat 12 minute tot die kaas gesmelt het.