Huisgenoot Beste Resepte: Braai

SOETGOED VAN ’N ENGEL

-

Die geliefde countrysan­ger Manie Jackson reis baie en die tyd vir braai is maar min. “Ek braai nie so gereeld soos ek sou wou nie omdat ek baie op die pad is met konserte, veral naweke.”

Maar die slag wanneer hy braai, verkies hy ’n skaapvleis­ie en soet “Angel-rolletjies”, wat sy verloofde, Angel de Lange, graag maak.

“Om jou ’n idee te gee, dit lyk amper soos Chel

sea buns, maar wat daarin is, weet ek nie,” lag hy.

Angel vertel sy het die soet rolletjies eenkeer by ’n braai geproe. “Toe maak ek die resep my eie.” Sy rol vetkoekdee­g in bolletjies en voeg room, suiker en karamelsou­s by voor sy dit in die oond bak.

Wanneer dit braaityd is, raak Manie nie haastig nie. Hy is veral trots op sy skaapribbe­tjie. “Ek maak die lekkerste skaapribbe­tjie omdat ek dit omtrent vier uur lank braai. Ek braai dit met suurlemoen­sap en ’n paar geheime bestanddel­e waarop ek nie nou gaan uitbrei nie,” spot hy.

Een van Manie se ander groot braaigehei­me is die marinadere­sep vir steak wat hy by sy oorlede vriend Jan Swembad gekry het. “Die marinade maak die steak so sag dat jy dit in ’n toeknyproo­ster moet braai. Wanneer ek na hom verlang of aan hom dink, dan braai ek steak.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa