GE­BAK­TE VIS METTAMATIE-FE­TA-BO­LAAG OP SPI­NA­SIE-KAPOKAARTAPPEL

Ba­ba-aar­tap­pels is ge­skik vir di­a­be­te. Vir ’n nog ge­son­der al­ter­na­tief kan jy die aar­tap­pels met blom­kool­pu­ree (lees die wenk) ver­vang.

Huisgenoot Diabete - - Vis -

4 por­sies Staan­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20-25 mi­nu­te

VIS

4 (100 g elk) be­vro­re stok­vis­moot­jies sout en pe­per 60 ml (¼ k) son­dro­ë­ta­ma­tie-pes­to 100 g ker­sie­ta­ma­ties, in die helf­te deur­ge­sny 100 g la­e­vet- Deen­se fe­ta­kaas, pe­per­geur

SPI­NA­SIE-KAPOKAARTAPPEL

100 g ba­ba-aar­tap­pels 4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk o­lie 100 g spi­na­sie, fyn ge­sny neut­mus­kaat, sout en pe­per na smaak 30 ml (2 e) melk mi­kro­kruie vir gar­ne­ring

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Plaas tin­foe­lie op ’n bak­plaat. Vis Geur die vis met die sout en pe­per en laat 10 mi­nu­te staan. Pak op die bak­plaat. Smeer die pes­to oor die vis en pak die ta­ma­ties bo­op. Sprin­kel die fe­ta­kaas oor en bak 8­12 mi­nu­te tot gaar. Spi­na­sie-kapokaartappel Kook die aar­tap­pels met skil en al gaar. Druk ef­fens fyn. Braai die knof­fel in ’n bie­tjie o­lie. Voeg die spi­na­sie by, plaas die dek­sel op en stoom­braai tot die spi­na­sie ver­welk. Meng by die aar­tap­pel. Geur met die neut­mus­kaat, sout en pe­per en roer die melk by om dit ro­me­rig te maak. Skep die aar­tap­pel op die bord en plaas die vis bo­op. Gar­neer met die mi­kro­kruie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.