Pi­canha­ste­ak met chi­mi­chur­ri­sous

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

Pi­canha­ste­ak is een van Bra­si­lië se mees ge­sog­te ste­aks­nit­te en is ook in SA be­skik­baar. Die been­lo­se vleis­stuk sit bo die len­de en kruis­stuk en het ’n la­gie vet aan die een kant. Dis al­tyd heer­lik sag. Gooi dit op die braai en gee dit geur met chi­mi­chur­ri­sous uit ’n an­der vleis­lie­wen­de land, Ar­gen­ti­nië.

STE­AK

1 pi­canha-ste­ak van so­wat 2 kg o­lyf­o­lie sout en pe­per

CHI­MI­CHUR­RI-SOUS

1 klein bos­sie pie­ter­sie­lie (net die bla­re), fyn ge­kap 2-3 brand­ris­sies, ont­pit en ge­kap 15 ml (1 e) droë o­ri­ga­num 5 ml (1 t) pa­pri­ka 125 ml (½ k) o­lyf­o­lie 60 ml (¼ k) rooi­wyn­a­syn sout en pe­per na smaak

ge­braai­de skoen­ve­ter-pa­tat­tjips, ma­yon­nai­se, ge­kap­te a­gur­kies en ro­ket-ta­ma­tie-en-uie-slaai

vir voor­sit

1 Ste­ak Vryf die ste­ak al­kant goed in met die o­lie en geur goed met die sout en pe­per. Laat 10 mi­nu­te staan. 2 Sous Meng al die be­stand­de­le en hou een­kant. 3 Se­ël die vleis vin­nig aan die vleis­kant op warm ko­le en draai om so­dat die vet­kant na on­der lê. Skuif die roos­ter ho­ër en braai tot die vet bros, die mees­te van die vet uit­ge­braai en die vleis na jou smaak gaar is. 4 Laat 10 mi­nu­te rus so­dat die vleis­sap­pe her­ab­sor­beer kan word. Sny in sky­we en skep die sous oor. 5 Sit voor saam met ge­braai­de skoen­ve­ter­pa­tat­tjips, ma­yon­nai­se, ge­kap­te a­gur­kies en ’n slaai van ro­ket, ta­ma­tie en uie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.