Broc­co­li­en­fe­ta­pof­o­me­let

Hier­die o­me­let word in ’n jap­trap ge­maak en is boon­op baie voed­saam.

Huisgenoot Ontbyt - - Inhoud -

LEWER

4 por­sies

Be­rei­ding 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20-25 mi­nu­te

8 ei­ers, ge­skei sout en pas ge­maal­de pe­per 30 ml (2 e) bot­ter 2 wie­le fe­ta­kaas, grof ge­krum­mel 250 g broc­co­li, in klei­ner boom­pies ge­breek en ge­blan­sjeer 250 g ba­ba­ta­ma­ties, in die oond ge­roos­ter mi­kro­kruie vir gar­ne­ring (op­si­o­neel)

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. 1 K­lits die ei­er­wit­te styf en geur met die sout en pas ge­maal­de pe­per. 2 Ver­hit die helf­te van die bot­ter in ’n groot pan en skep die helf­te van die ei­er­wit daar­in. Braai 1 mi­nuut oor ma­ti­ge hit­te. 3 K­lits die ei­er­ge­le lig­gies saam, geur met die sout en pe­per en giet die helf­te daar­van bo­oor die ei­er­wit. Krum­mel 1 wiel fe­ta­kaas bo­oor en bak 5­10 mi­nu­te in die oond of tot gaar. 4 Pak die helf­te van die broc­co­li op die o­me­let en vou toe. 5 Maak nog ’n groot o­me­let met die res van die be­stand­de­le. 6 Sny in por­sies en sit voor saam met die ge­roos­ter­de ta­ma­ties. Gar­neer met mi­kro­kruie in­dien ver­kies.

6

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.