WAT WAS DIE KOUE OOR­LOG?

Huisgenoot Reis na die Ruimte - - Die Baanbrekers -

Die Koue Oor­log ver­wys na die span­ning tus­sen Wes­ter­se de­mo­kra­tie­se en Oos­ter­se kom­mu­nis­tie­se lan­de. Dit het van 1947 tot 1991 ge­duur. Aan die een “kant” was die Sow­jet­u­nie en die mees­te Oos-Eu­ro­pe­se s­ta­te (die Oos­blok) en aan die an­der “kant” die Ver­e­nig­de S­ta­te van A­me­ri­ka en lan­de in Wes-Eu­ro­pa (die Wes­te).

An­der lan­de het hul­le meest­al by een van die twee groe­pe ge­skaar. Duits­land en sy hoof­stad, Ber­lyn, is in twee de­le ver­deel – die een ’n bond­ge­noot van die Wes­te en die an­der ’n bond­ge­noot van die Oos­blok.

Die Koue Oor­log het ge­luk­kig nooit in ’n reg­te oor­log ver­an­der nie, maar al­bei kan­te het ’n kern­aan­val deur die an­der ge­vrees en het hul­self daar­om be­wa­pen met kern­plof­kop­pe, oor­logs­vuur­py­le en spi­oe­na­sie­sa­tel­lie­te.

YS­TER­GOR­DYN Die Wes­te en die Oos­blok in Eu­ro­pa. Die denk­beel­di­ge grens tus­sen die twee is die Ys­ter­gor­dyn ge­noem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.